Aa  Aa  Aa 

Aa

Aa

Aa

 
Thursday, August 25, 2016
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

Emosionele vryheid is jou keuse! Maak nou die besluit om ontslae te raak van daardie onnodige emosionele bagasie wat jy saamsleep, of om ondersteuning te kry vir die moeilike situasies wat jy dalk tans deurgaan.

 

Vier uitstekende genesingsprogramme begin op Dinsdag 16 Augustus (19:00-21:00):

 

Travel Lite -  Almal het iewers in die lewe seergekry of is dalk teleurgestel deur mense wat hulle vertrou het. Die dinge uit jou verlede kan jou terughou en weerhou daarvan om in vryheid en met vreugde te lewe elke dag. Travel Lite sal jou help om ontslae te raak van al daardie emosionele bagasie uit jou verlede.

 

Grief & Loss - Om 'n geliefde aan die dood af te staan is 'n reuse ontnugtering wat jou hele wêreld tot stilstand kan ruk. Die Grief & Loss program wil jou help om hierdie verlies te verwerk en weer troos en nuwe sin in die lewe te vind.  

 

Divorce Care - Vind weer hoop en bou 'n nuwe lewe na 'n egskeiding of opbreek van 'n verhouding.

 

Emotional Rescue for Kids (ER4Kids) - Kinders tussen 4 en 12 jaar oud word toegerus met "tools" om moeilike emosies en situasies te bestuur op 'n manier wat pas by die ontwikkelingsfase waarbinne hulle hulself bevind.

 

Navrae en inskrywings: Diedre Mans, 021 950 4463, diedre.mans@gmail.com 

 

   

 
 
 
 
Oor Vredelust
 

Hier by Vredelust wil ons 'n plek wees waar jy met God en met ander mense kan konnekteer. Ons is mense wat lief is vir Jesus en wat ware volgelinge van Hom wil wees.

Ons nooi jou uit om ons dienste op 'n Sondag by te woon en saam betrokke te raak in 'n eietydse bediening waar ons die hande en voete van Jesus in Kaapstad wil wees – asook in die hele Suidelike Afrika. Ons is immers deel van Afrika!

 
 
 
 
Dienstye
 

Kontemporêre Dienste: Ouditorium

Sondae

Oggend: 08:30, 10:00
Aand: 18:00


   

 
 
 
 
Kontak Ons
 

Adres: No 87, Dertiende Laan, Boston, Bellville 7530 (Agter Brights Hardware)

Telefoon: (021) 949-0096

Faks: (021) 950-4467

E-pos: info@churchadventure.co.za

 
 
 
 
Vredelust Gemeente Copyright 2010-2014 - Created by DWS